screen_shot_2013_09_02_at_2.42.26_pm
Bekendes

Troues, egskeidings en babas – die grootste Hollywood-nuus

Trouklokkies

Kate Bosworth en Michael Polish

Die 30-jarige Kate Bosworth het Saterdag, 31 Augustus, tydens ‘n pragtige buitelug-seremonie die ja-woord gegee. ‘n Paar bekendes het dié prentjiemooi troue tussen heuwels, berge en veldblomme bygewoon. Die gaste (en blykbaar ook ‘n paar koeie) was in vervoering oor dié twee se selfgeskrewe troubeloftes aan mekaar.

Die troufees, wat vier dae lank aangehou het, was omtrent ‘n prettige affêre, veral vir die bruid. Sy het twee Oscar de la Renta-rokke gehad: ‘n ivoorkleurige satyn-balrok vir die seremonie en ‘n blomgeborduurde kantrok vir die onthaal. Michael het ‘n donkergrys pak gedra.

“Ek het nooit regtig eers met my man uitgegaan nie,” het Kate aan InStyle UK gesê. “Hy het ‘n paar weke voordat ons werklik ‘n paartjie was vir my gesê: ‘Met jóú gaan ek trou.’ Ek dink hy het maar net geweet.”

screen_shot_2013_09_02_at_2.42.39_pm

Kate het verlede September hul verlowing op Twitter bekend gemaak: “Dankie vir al die wonderlike verlowingswense… Ons voel regtig geseënd.” Sy en haar man, Michael Polish, het mekaar in 2011 op die stel van die drama Big Sur, waarvan hy die regisseur was, ontmoet. En net daar en dan was dié twee smoorverlief – dit was glo liefde met die eerste oogopslag.

Katy Perry en Russel Brand

Katy Perry Die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer John Mayer was blykbaar verpletterd toe sy meisie, Katy Perry, sy huweliksaanbod van die hand gewys het. John het, nadat hy toestemming van haar ouers gekry het, verlede week die groot vraag gevra. Tot sy verbasing het sy nie die verwagte “ja” gegee nie, berig International Business Times.“John se groot vraag het Katy heeltemal ontsenu. Hoewel hulle al oor trou begin praat het, was dit nog te gou vir haar. John se appelkar was behoorlik omgegooi,” het ‘n bron gesê.

Katy is baie lief vir John, maar sy voel sy het nog nie genoeg hersteltyd ná haar egskeiding met Russel Brand gehad nie. Sy het gesê sy het net nog ‘n bietjie meer tyd nodig om weer heel te word.”

John is blykbaar ook nie van plan om net so maklik tou op te gooi nie. Volgens ‘n vriend sal hy enige iets doen om met Katy te trou. “Dié twee is steeds ‘n paartjie, hoewel daar nie dadelik trouklokkies gaan lui nie.”

Khloe Kardashian en Lamar Odom herenig?

Dit is moeilik om te sê wat presies tussen Khloe en Lamar aan die gang is, maar een ding is seker: Dinge is nog glad nie verby tussen hulle nie…

Nadat dit aan die lig gekom het dat Khloe vir Lamar uit hul huis verban het totdat hy vir rehabilitasie vir sy dwelmprobleem gaan, lyk dit of dié twee wel besig is om hul probleme op te los. Lamar is in ‘n vegetariese restaurant gesien – met sy trouring. Khloe het ook oor die naweek met háár trouring in die openbaar verskyn.

Catherine Zeta-Jones en Michael Douglas

Die Hollywood-ster Michael Douglas het besluit om sy huwelik met Catherine te beëindig omdat dit vir hom ‘n “koue, donker plek” geword het. Maar bronne waarsku dít kan Catherine se emosionele ondergang veroorsaak.

Anna Walker, Catherine se naaste vertroueling, sê dié aktrise sal platgeslaan wees deur Michael se besluit. “Michael sien geen punt daarin om met die huwelik voort te gaan nie – hy sien nie langer kans om ‘n leuen te leef nie,” het Anna aan Daily Mail gesê. “Hy besef dat dit baie moeilik en traumaties vir hul kinders gaan wees, maar hy is glad nie van plan om hulle sommer net so te los nie. Hy wil hulle graag gereeld sien.”

Catherine Zeta-Jones opgeneem vir bipolêre depressie

Catherine se naastes is baie bekommerd oor die effek wat Michael se besluit op haar geestestoestand kan hê. “Dit kan haar in nóg ‘n diep depressie-gat laat val,” het ‘n bron verklap.

Swanger!

James en Kimberly van der beek Die Dawson’s Creek-ster, James van der Beek, en sy vrou, Kimberly, verwag hul derde kind.Sy het dié nuus op haar blog aangekondig. “Ons is baie opgewonde oor ons derde kind! Ons begin weer nesskrop en ontslae raak van al die oortollige goed in die huis.”Dié paartjie, wat in 2010 getrou het, het reeds twee kinders – dogter Olivia (2) en seun Joshua (17 maande). Hulle is ook blykbaar baie opgewonde om ‘n nuwe boetie of sussie te verwelkom.

 

Bronne: People, InStyle UK,Herald Sun, International Business Times, US Weekly, Perez Hilton.com